Ek agter die skerms en Nuwe Stories 2 beskikbaar vir Kindle

Die Nuwe Stories 2 skrywers by die bekendstellingspartytjie in Kaapstad.

Die Nuwe Stories 2 skrywers by die bekendstellingspartytjie in Kaapstad.


Hier volg ´n onlangse onderhoud met Litnet na die publikasie van Nuwe Stories 2 in November 2013.

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013: Onderhoud met Christina van Deventer

Naomi Bruwer, Christina van Deventer

Vertel ons lesers meer van jou verhaal/verhale wat in Nuwe Stories 2 opgeneem is.

My verhaal, “’n Kis vir Boel”, handel oor ’n hond wat ’n jong seun doodbyt. Wanneer dit duidelik word dat die hond aan ’n swart man behoort wat sedert die gebeure vermis is, raak die hele gemeenskap betrokke en is die hond se lewe op die spel.

Ná die aanvanklike keuring het jy die geleentheid gehad om die kortverhaal persgereed te kry met die hulp van raad en keurverslae. Hoe het jy hierdie proses ervaar?

Ek het die proses geniet. Die keurder se verslae was op die man af en die voorgestelde leesstof was interessant en aktueel. My enigste “negatiewe” kommentaar op die proses is dat ek graag kritiek van albei keurders sou wou ontvang, aangesien dit moontlik die ontwikkeling van my verhaal verder
sou verdiep.

Wat is die beste skryfraad waarvan jy al ooit gehoor of gelees het en wat jy probeer om self toe te pas?

Lees. Dit is moontlik ook die grootste hindernis om te oorkom, want ’n mens is geneig om fiksie vir ontspanning te lees. Selfs wanneer ek ontledend lees, raak ek ná ’n hoofstuk of twee meegesleur deur die verhaal (as dit ’n goeie een is) en vergeet ek om op te let na die nuanses. Ongeag daarvan dink ek dat dít wat jy lees in jou onderbewussyn saamgesleep word en ’n uitwerking op jou skryfwerk het, selfs al is dit net deur taalgebruik. Ek het aanvanklik gedink ’n mens moenie so baie lees nie, want dan begin jy soos ander skryf. Ek het intussen my opinie verander.

Die ander skryfraad is die ou een “skrywers skryf”. Baie suksesvolle skrywers sê hulle kan bloot elke ses maande ’n boek op die rakke sit omdat hulle elke dag skryf. Om elke dag te skryf, klink maklik genoeg, maar dit is nie. Dit verg toewyding en dissipline. Ek raak al beter in hierdie opsig, maar dit is ’n roetine wat ’n mens moeilik aanleer, veral omdat die lewe geneig is om tussenbeide te tree.

Wie is die skrywers wie se werk jy die graagste lees, en waarom hou jy van hulle werk?

Ek lees graag die groot kokkedore van Engelstalige ontspanningsfiksie: Stephen King, Dean Koontz, Michael Crighton, ensovoorts. Ek is baie meer kieskeurig wanneer dit by Afrikaanse fiksie kom en lees selde of ooit ’n boek net omdat dit deur iemand geskryf is van wie se vorige boek ek gehou het. Ek word maklik visueel beïnvloed: As die boek ’n aantreklike buiteblad het, sal ek dit koop sonder om spesifiek op te let wie die skrywer is. Dan gaan ek huis toe, lees, en besef/besluit agterna dat hierdie skrywer meer aandag verdien. Dus lees ek in Afrikaans oor die hele spektrum, van Sophia Kapp en Isa Konrad tot PG du Plessis en, meer onlangs, Deon Meyer. Dit is vir my moeilik om iemand spesifieks uit te lig, want ek geniet amper enige skryfwerk wat goed afgerond is en maklik lees, selfs romanse en niefiksie. My enigste vereiste is dat die boek goed moet eindig – ek lees gewoonlik die laaste bladsy in die boek voor ek besluit of ek dit koop. Dit maak dit interessant om dan uit te vind hoe die skrywer en karakters daarby uitgekom het.

Het jy enige verdere planne vir jou skrywersloopbaan?

Ek weet nie of mens regtig in hierdie verband planne kan maak nie. Ek skryf dít wat my hart my forseer om te skryf en hoop dan maar agterna dat daar ’n ontvangslokaal daarvoor sal wees. Ek hoop om as skrywer te ontwikkel en dat mense byval sal vind by my skryfwerk, maar net die tyd sal leer of daar wel ’n skrywersloopbaan op my horison is.

Vind meer uit oor my deelname aan Nuwe Stories 2 deur hier te klik.

As jy nog nie ´n kans gehad het om die bundel in die hande te kry nie, gaan gerus na Amazon vir die Kindle weergawe, of na Kalahari vir die “paperback”.

Have you had your hands on this yet?

Quote

And by this, I mean THIS:

The white-hot cover of "Nuwe Stories 2"

The white-hot cover of “Nuwe Stories 2”

Hot off the presses, Nuwe Stories 2 is the only cubic package you MUST give this Christmas. It’s not the only book you MUST own, but definitely one of them – at least right up there with your Bible and your Diary 😉 It has been available since the 15th of November… so what are you waiting for? It’s time you rush to your nearest bookstore to get it, or click here to learn more about the book and where to get it.

Your life will feel meaningless without it!

xoxo