Nuwe Stories 2014 Kortverhaalkompetisie kortlys: Eerste weergawes

Foto verkry vanaf litnet.co.za

Foto verkry vanaf litnet.co.za

Die eerste weergawes van die verhale wat die Nuwe Stories 2014 Kortverhaalwedstryd se kortlys gehaal het is nou beskikbaar om te lees op Litnet. Een van Christina van Deventer se verhale is ook op hierdie jaar se kortlys. Kortlyskandidate werk nou saam met twee van Suid Afrika se voorste taal-kundiges, Leti Kleyn en Suzette Kotze-Myburgh, om hul verhale af te rond vir publikasie. Die finale weergawes van die verhale sal in die Nuwe Stories 3 bundel opgeneem word. Die bundel word later vanjaar, in November 2014 deur Human & Rousseau gepubliseer. Klik gerus hier om die verhale op Litnet.co.za te lees.

 

The first versions of the short stories that made the Nuwe Stories 2014 shortlist are now available to be read (in Afrikaans) on Litnet.co.za. One of Christina van Deventer’s short stories are also on this year’s shortlist. Shortlist-candidates are currently working together with some of South Africa’s foremost language specialists, Leti Kleyn and Suzette Kotze-Myburgh, in order to refine their short stories for final publication. The final versions of their short stories will be published in the Nuwe Stories 3 short story collection. The book, which appears later this year in November 2014, will be published by Human & Rousseau. Click here to read the shortlisted stories at Litnet.co.za.